top of page
Search
  • Writer's pictureBenjamin Du Toit-Enslin

Konfyt & Grondboontjie-botter.

Elke oggend, soos klokslag, staan Kabouter reg met die dag se vars water. Kabouter is in beheer van water en kos vir al die diere by Uncle Ben's Den. Dit sluit ook die katte, duiwe, henne en hane in. Hy het ‘n sagte plek vir Buks, en hy kan hom ry soos ‘n perd.


Soos Buks het Kabouter ook ‘n storie.


Kabouter is by Uncle Ben’s Den gebore. Sy ma bly ook daar; sy pa is oorlede toe hy nog klein was. Kabouter se ma is baie lief vir hom en weet dat hy haar seun is maar kan nie omsien na hom nie.


Kabouter is 14 jaar oud en gaan nie skool toe nie. Geen staatskool wil of kan met hom werk nie. Hy was al by spesialiste, beraaders, arbeidsterapeute en Weskoppies. Hy gaan by Uncle Ben’s Den bly vir die res van sy lewe - dié is sy huis.

Ronel kry een Saterdag ‘n oproep van die kantoor af wat sê Kabouter is weg. Hy het nie in sy kamer geslaap nie. Elke oggend 7-uur kry hy sy medikasie vir die dag en die oggend was hy nie daar nie.


Later, die oggend kom Kabouter ewe rustig by die Ramp-kamp uitgestap. Nog lekker deur die slaap. Hy het aan die slaap geraak terwyl hy die Vrydag-aand fliek gekyk het.


Jy moet verstaan dat Kabouter en Buks soos konfyt en grondboontjie-botter saam gaan.


Buks was die vorige Donderdag by die veearts gewees vir sy kastrasie, en behandeling van die sist en die groeisel. Seuntjie, die swart kat moet saam gaan. Hy gaan ook teater toe. Seuntjie wil niks weet nie en MWAOW MWAAAOW in sy hok.


Met die hulp van Kabouter is daai groot lyf van Buks in die Kombi van Uncle Ben’s Den. Kobouter het Buks omgekoop met die reuk van ʼn koekie. Buks is in en gaan sit bo-op Kabouter die hele pad na die veearts toe.


Nadat die diere afgelaai is en die veearts sister al die beantwoord het, is Buks en Seuntjie opgeneem. Die sister laat weet teen 12 uur dat als goed verloop het. Buks en Seuntjie sou eers reg wees teen 15:30 om huis toe te gaan. Seuntjie was GLAD nie gelukkig nie. Ek vermoed daar is ‘n strek haat in hom tans.


Buks aan die ander kant was verlig van pyn. Sy sist was verwyder en skoon, die groeisel was verwyder en so-ook die kastrasie was ‘n sukses. Alles het goed verloop. Buks moet net sy siklus van antibiotika klaar maak en sy steke moet oor 10 dae uit gehaal word.


Die selfde Saterdag oggend 3 uur klim ‘n man oor die mure van Uncle Ben’s Den en loop met Buks by Uncle Ben’s Den se hekke uit.


Buks is gesteel.

127 views0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


bottom of page