top of page

WELKOM BY UNCLE BEN'S DEN

Uncle Ben's Den is daartoe verbind om 'n veilige en gemaklike omgewing vir diegene van 60 en ouer te bied.  Ons is toegewyd om 'n veilige hawe te bied vir seniors wat skuiling en bystand benodig.

 

Uncle Ben's Den is 'n NPO Herberg waar die af vlerkies rus vind en die liggaam, siel en gees versorg word.

Ben and Sharon de Lange

Ben en Sharon de Lange

Uncle Ben’s Den is in 1990 gestig deur  Ben en Sharon de Lange, self inwoners van Daspoort in die weste van Pretoria, kort nadat  hulle albei hul werk verloor het.

​

As  gelowiges in Jesus Christus was hulle geraak deur die behoefte onder hawelose en verlate bejaardes wat geen heenkome gehad het nie. Hierdie behoefte het hulle gedring om hulle eie eiendomme beskikbaar te maak om die behoeftige mense te akkommodeer.  

 

Die bediening het sodanig gegroei  dat Uncle Ben’s Den in 2007 genoodsaak was om te registreer as n NPO onder die naam B en S Versorgingsentrum. Die stigter Benjamin de Lange is oorlede in 2016 en 'n jaar later in 2017 het sy vrou Sharon de Lange afgetree en die bestuur oorhanding aan haar dogter Ronel van Dyk.​

 

In die twee en dertig jaar wat Uncle Ben’s Den omsien na minderbevoorregte en hawelose mense het die  spektrum van versorging sodanig ontwikkel dat daar tans na verskillende soorte siekte toestande  omgesien word soos  Alzheimer's, demensie, Parkinson's, skisofrenie, bipolêre versteuring, tipe 1-diabetes, tipe 2-diabetes, veelvuldige sklerose, kanker, parapleë, geamputeerdes, verstandelik gestremdes, MIV-positiewe mense, sowel as doof en blinde persone.

Die behoefde

In Suid Afrika  is daar vandag een uit drie  bejaardes  oor die ouderdom van vyf en sestig in ekonomies onsekerheid. Volgens ‘n onlangse studie is bevind dat bejaarde vroue  meer geneig is om slagoffers te wees van armoede en mishandeling.

 

Hiermee saam het die  behoefte vir verblyf onder bejaardes  in die laaste twee  jaar met sestig persent gestyg. Daar is verskeie redes vir die tendens onder andere:  Familie verstoot bejaardes wat tekens toon van Alzheimer's, of demensie. Die onregmatige toe-eiening van  bejaardes se SASSA toelaag deur hulle naaste familie met die gevolg dat die bejaarde  behoeftig raak.

​

Bejaardes wat tekens toon van ‘n afwykende geestes toestand word deur hulle familie by plaaslike hospitale gelos om na hulleself om te sien. Bejaardes  wat gereeld geteiken word deur swendelaars en misdadigers. Die veranderende ekonomiese omstandighede in die land het ‘n negatiewe invloed op die bejaarde bevolking. Siektes wat daartoe lei dat die bejaarde nie meer  selfversorgend kan wees nie.‘n Gebrek aan  beplanning vir aftrede en mediese versorging.

'n Familie

‘n Groter probleem die tendens is nie net beperk tot die  bejaardes  nie. Daar was ook ‘n  veertig persent  toename  in hawelose mense in die afgelope jaar.

 

Die aansienlike toename van behoeftige  bejaardes en hawelose mense het Uncle Ben’s Den genoodsaak om uit te brei in ‘n poging om in die groeiende behoefte te voorsien.

 

Tans  gebruik die bediening drie woonhuise om bejaardes en haweloses te akkommodeer en daar is tans planne in plek  om nog vyf eiendomme te bekom in ‘n poging om die  behoefte te  vervul. Daar word voorsiening gemaak vir  honderd vyf-en-sestig behoeftige inwoners. Weens ‘n gebrek aan akkommodasie, word  agt egpare  en vyf kinders op die oomblik  in Wendy’s  gehuisves.

 

Elke inwoner by  Uncle Ben’s Den word soos familie behandel en saam met die geestelike versorging van elke inwoner word die volgende behoeftes ook vervul:  Drie etes per dag. Hul wasgoed word gewas. Vervoer na hospitale en klinieke. Versorgers wat hul help met stort, aantrek en huis skoon maak. Doeke vir bejaardes en gestremdes. Toiletware vir die wie se families dit nie kan voorsien nie. Wond sorg vir pasiënte met wonde. Haar snye elke maand. Kerkdiens op Sondae en Bybelstudie op Donderdae. Geestelike berading vir die wat dit benodig. Palliatiewe versorging. Doodsbegeleiding. Portuur dienste. Toegang tot krag en water. Hulp met aansoeke vir SASSA (ouderdom en ongeskiktheid).

Dag tot dag

Die daaglikse behoefte  om vir eenhonderd vyf-en-sestig mense te sorg is soos volg: 10 Kg Mieliemeel, 7.5 Kg Suiker,  24 Lt Melk , 15 Kg vleis/ hoender, 7 Kg Rys, 30 Kg Aartappels,  20 Kg Groente, een krat tamaties, tien koppe  blaar slaai, 7 komkommers, 2Kg uie,  45 Brode, 6 Kg Konfyt,  en 2 Kg Botter.

​

Die maandelikse uitgawes van Uncle Ben’s Den is in die volgende  areas:               Water en ligte rekeninge vir vyf eiendomme. Gas vir die kombuis asook die huise se gas geisers. Skoonmaak middels.  Salarisse van die versorgers en werkers. Brandstof vir die voertuie.  Voedsel vir die inwooners.   

 

Instandhouding van geboue en voertuie. Doeke vir  bejaardes en gestremdes. Loopende Telkom rekening.    Toiletware vir inwooners wie dit nie kan bekostig nie.  Medisyne en wond-sorg benodighede sowel as Dokter besoeke na ure.

2023 Projekte 

Ons huidige projekte sluit in: Die aankope van vyf nuwe eiendomme waarvan  drie woonhuise reeds gehuur word. Daar is tans ʼn aansoek  by die bank vir  Å‰ lening om die eiendomme wat tans gehuur word aan te koop sodat permanente gebruik verseker kan word.

 

Die  opgradering en meubilering  van die  eiendomme wat tans aangekoop word sodat daar voorsiening gemaak kan word om veertig  ekstra  hawelose persone te huisves.    Vervanging van beddens vir die inwooners.

 

Gholfdag - die 27ste Oktober 2023; fondse wat ingesamel word op die dag gaan na Uncle Ben’s Den toe om voor te hou met die groeiende behoefte daar buite.

Wil 'n verskil maak.

Uncle Ben’s Den  nooi jou uit om saam met ons te werk, sodat ons saam die steeds toenemende behoeftes van bejaardes, gestremdes en hawelose mense kan aanspreek. Skenkings van kos, klere en ander items kan by die kantoor gelos word, en finansiële bydraes kan inbetaal word duur om op die YOCO ikoon te druk. 

IMG-20220923-WA0024.jpg
'n Donasie van R100 kan die volgende verskil maak.

Bydra tot toilet ware 

Bydra tot een inwoner se ete vir die dag

Bydra tot instandhouding

  • alt.text.label.Facebook

Kontak ons

+27 (0) 12 379 2515

Dankie vir u boodskap.

bottom of page