top of page

​

Die Inwooners 

20220914_120459.heic

Paula Jacobs

Paula is in ons sorg geplaas 5 September 2016 vanaf Steve Biko hospitaal. Albei haar bene was geamputeer weens Diabetes. Haar wonde het septisemie gehad en was in 'n baie slegte toestand. Sy was ontslaan oor daar niks meer was wat die hospitaal vir haar kon doen om haar gemaklik en pyn vry te hou. 

​

Ons het wond sorg gedoen vir 5 maande voor haar wonde heeltemal gesond was. Paula het 'n versorger gehad wat haar deur die hele proses gehelp het deur middel van stort, aantrek, assisteering by die hospitaal met elke besoek aan haar dokter, voedings ens. 

​

Vandag werk Paula in ons apteek en kantoor, sy is 100% selfversorgend en motiveer en inspireer ons nuwe pasiënte wat ons inkry wat in dieselfde toestand is waarin sy was toe sy by ons aangekom het.
 

Fransie en Anthonie Botes

Fransie en Anthonie is 'n getroude paartjie wat al 20 jaar 'n pad stap met Uncle Ben's Den. Met jare se gesukkel met drank, dwelms en haweloosheid, het hulle padjie weer met Uncle Ben's Den gekruis in 2020.

 

Anthonie se voete was vergruis en die dokters wou sy voete amputeer. Met die hulp van die versorging en hulp wat hy ontvang het hier, kan hy nou weer loop en is in beheer van die instandhouding op ons perseel.

 

Fransie het nugter geword en is aangestel as ons persoonlike assistent en in beheer van ons administratiewe werk. 

 

Hulle het betrokke geraak in ons kerk en Bybelstudie wat hul geloof versterk het asook hul verhouding met God. 

20220914_125132_edited.jpg
bottom of page